Jaarboeke

Oudiologie: Praktikum 181


 
Modulekode ODL 181
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote – vereis departementele keuring
Praktiese toepassing van die basiese oudiometriese toetsbattery: die eerste onderhoud en gevalsgeskiedenis; die otoskopiese ondersoek; stemvurktoetse; suiwertoon-oudiometrie (luggeleidingstoetse, beengeleidingstoetse, maskering en die oudiometriese Weber); spraak-oudiometriese toetse (drempel- en bo-drempeltoetse); immittansietoetsing (sifting) en verslagskrywing. Praktiese toepassing van oudiologiese rehabilitasie; basiese komponente en elektroakoestiese eienskappe van gehoorapparate; kontroles en funksies van verskillende style en tipes gehoorapparate; tegniese standaarde en versterkingseienskappe; foutbepaling van stukkende gehoorapparate; oorsig van oorstukke en die modifikasie daarvan.

Modulekrediete 5.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Kontaktyd 1 seminaar per week, 1 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Spraak-Taalpatologie en Oudiol
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences